Die Merweville Karakterbouer .

Date: 
09 January 2022
Since: 
2013
Max people: 
unlimited
Places Available: 
all
Distance: TBA
Cost: TBA
Days: 
1
Registrations: 
Open

Ek en my fietsryvriend Johan Nicol het n paar gelede besluit om elke nuwe jaar met n spesiale trap te begin.
Hy woon in Wildernis en ek op daardie stadium in Durbanville .
Maar ons beplan om die 1 ste naweek van elke nuwe jaar in Prins Albert te wees. Hy kuier by sy dogter en haar familie en ek by my skoonouers . Nou woon en werk ek ook hier .
In 2013 was dit teerpad tot by die N1 en daarvandaan grondpad na Merweville . Net kort van 100 kilometer .
So met die jare is die grondpadgedeelte geteer tot groot vreugde van die Merwevillers en tot my en Johan se spyt .
Later ontmoet ek vir Johan Fourie van Abrahamskraal en hy wil ook saamry . Hy nooi sy Oudtshoorn vriende en ek nooi n paar ou fietsryvriende wat naby vakansie hou .
En op 8 Januarie 2016 was ons 11 wat 5 vm uit Prins Albert vertrek .
Allen Liversage wat saamry het vriende uit Kanada wat kuier en hulle daag ook op met geleende fietse maar vol entoesiasme .
So van nou af maak ons elke jaar weer so.